Donker dae vir Noord-Kaap – Eskom se skuld hoop op

Die DA in die Noord-Kaap sê hy is bekommerd dat die Sol Plaatje-munisipaliteit se voortslepende onvermoë om stygende Eskom-skuld behoorlik te bestuur, donker dae tot gevolg kan hê. Die munisipaliteit se uitstaande skuld aan die kragvoorsiener het verlede maand van een-miljard-rand tot die huidige 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand geklim. ʼn DA-woordvoerder, Chris Whittaker, sê dis meer as drie keer die bedrag wat in Januarie verlede jaar aan Eskom geskuld is: