Sprinkaan-risiko groot in suide, verskyn reeds
Die bekende Suid-Afrikaanse kenner in die gebied van plae, dr. Gerhard Verdoorn, het gereageer op aanmerkings deur Erastus Ngaruka, tegniese adviseur van Agribank, dat sprinkane reeds hul verskyning in die suide maak. Ngaruka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat pas na ‘n besoek aan die gebied. Verdoorn sê die omstandighede is uiters goed vir ‘n uitbreking en boere moet paraat wees. Dit kom bo-op die uiters swak en min weiding wat oor is. Verdoorn het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.