SPYL wil optog ter ondersteuning van Palestina reël, maar wat van plaaslike uitdagings?

Reaksie word ontvang op berigte dat die Swapo-jeugliga poog om ‘n optog te reël ter ondersteuning van die Palestynse volk. Terwyl die poging sy eie lof kan inwin, blyk dit asof die liga meer kommer het oor die Palestynse volk as sy eie, plaaslike jeug. Fillemon Shikomba, ‘n internasionale menseregte-prokureur sê die regering was vinnig om ‘n optog teen jeugwerkloosheid stop te sit. Hy sê die jeugliga se stilte oor die aangeleentheid is oor oorverdowend.