Twee-pot pensioenhervormings irriteer Cosatu

Cosatu is diep teleurgesteld oor die Nasionale Tesourie se reaksie op sy voorstelle vir tweepot-pensioenhervormings. Die federasie sê hy is gefrustreerd deur die vertragings met die instel van die hervormings, wat ten doel het om finansieel-sukkelende werkers vroeë toegang tot hul pensioenfondse te gee sonder om te bedank. Matthew Parks van Cosatu sê die onenigheid gaan oor die bedrag van die onmiddellike verligting vir werkers. Parks dring aan op ‘n benadering wat redelik en regverdig is om sukkelende werkers in uitdagende tye by te staan: