Bietjie lood en kadmium in jou tjokkie?

‘n Amerikaanse verbruikersverslag sê hy het kommerwekkende vlakke van lood en kadmium in ‘n derde van verskeie sjokoladeprodukte wat hy onlangs getoets het gevind. Consumer Reports, ‘n nie-winsgewende verbruikersgroep sê 16 van die 48 produkte van verskeie vervaardigers wat sy wetenskaplikes getoets het, bevat potensieel skadelike vlakke van lood, kadmium of albei. Consumer Reports het produkte in sewe kategorieë getoets: donkersjokoladestafies, melksjokoladestafies, kakaopoeier, sjokoladeskyfies en mengsels vir brownies, sjokoladekoek en warmsjokolade.