Kunene en sy 53% werklose jeug

Jeugwerkloosheid en ‘n tekort aan geleenthede veral in afgeleë streke ontvang op die oomblik aandag met die relevant parlemente staande komitee wat regoor Namibië vergaderings hou. By die byeenkoms op Opuwo in die Kunene-streek is daar beaam dat tegniese vaardighede ontbreek en nes in die Karas-streek, is daar ‘n beroep gedoen dat die vaardighede, soos voor onafhanklikheid, weer op skole aangebied word. Vaardighede kan ook uitgebrei word na landbou en mynwese. In Kunene, is 53 persent van die jeug werkloos. Die tekort aan tersiêre instellings in streke soos Kunene vererger die uitdagings sowel as die heersende stelsel rakende lenings waar kommersiële banke streng voorwaardes het vir lenings.