Zim se drinkwater weer in die soeklig

Tekorte aan skoon water in townships regoor Zimbabwe en ou, geroeste waterpype kan die erns van siektes verhoog namate die reënseisoen, wat dikwels deur oorstromings gekenmerk word, nader kom. Gedurende die reënseisoen, wanneer daar uitdagings is, wend mense hulle aan waterputte en kook nie altyd die water nie. Vyf liter gesuiwerde water kos sowat 38 Namibiese dollar wat dit te duur maak om gereeld mee te kook. En sommige kan ook nie bekostig om soveel vir drinkwater te betaal nie. Die land, veral die hoofstad Harare, gaan ook op die oomblik gebuk onder ‘n cholera uitbreking.