Verkiesingskommissie moet deursigtig wees met verskaffers

Die UDM in Suid-Afrika sê hy dring aan op deursigtigheid wat diensverskaffers betref wat die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan gebruik tydens die nasionale en provinsiale verkiesingstydperk. Die party se hoofsekretaris, Yongama Zigebe, sê die kommissie en sy diensverskaffers het na bewering in vorige verkiesings bewys dat hulle met stemme peuter en uitslae manipuleer.