IPC gedagvaar vir N$3,2m vir partymateriaal

Anga Enterprise dagvaar die Independent Patriots for Change-party vir 3,2 miljoen Namibiese dollar in wat hy sê onbetaalde rekenings is vir bemarkings- en partymateriaal wat t-hemde, pette en meer insluit. Die ooreenkoms is tussen Julie en November 2020 onderteken. Anga het ‘n skulderkenning wat in Desember 2020 deur die party onderteken is by sy stukke aangeheg. Die IPC verdedig die saak en in sy verweer sê hy dit was ooreengekom dat die party alleenlik sou betaal vir items wat afgelewer is en dan verkoop is. Die party sê Anga was wel bewus dat hy ‘n klein party is sonder die finansiële vermoë om die reuse-rekening te betaal. Die saak kom vandag voor regter Boas Usiku voor vir ‘n statusverhoor.