Israel is warm onder die kraag vir Guterres

‘n Diplomatieke herrie is by die Verenigde Nasies se algemene vergadering ontketen. Die kwessie onder bespreking was die oorlog in die Midde-Ooste. Terwyl geen resolusie aanvaar was nie en verdeeldheid ‘n hoogtepunt bereik het, het die aanmerkings deur die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres reuse-reaksie vanuit Israel uitgelok. Guterres het die volgende te sê gehad:

Israel se minister van buitelandse sake Eli Cohen het onmiddellik ‘n vergadering met Guterres gekanselleer en die land se ambassadeur by die VN Gilad Erdan het met die media gepraat en sê Guterres moet onmiddellik bedank.