Walvisbaai reg vir ekspo

Groot opgewondenheid heers aan die kus oor die Erongo Besigheids- en Toerisme-ekspo wat môre in Walvisbaai sy deure oopgooi. Dit is die 15de uitgawe van die sake-ekspo wat vinnig besig is om gewildheid onder die algemene publiek in te win. Onder die nuwe aanbiedinge hierdie jaar tel ‘n kos-, wyn- en toerisme-saal. Desire Stevens, lid van die reëlingskomitee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.