Regering skerp mensehandel-bekamping op

Die fokus van die Namibiese polisie het vandag op mensehandel en die bekamping daarvan geval by ‘n opleidingsessie in die hoofstad. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal, het in ‘n toespraak by die opening van die opleiding aangekondig dat Namibië afgegradeer is na ‘n Vlak-2-land in terme van mensehandel bekamping, nadat hy vir 3 jaar as ‘n eerstevlak-land in Afrika beskou is.