Roudiens vir wyle professor Mburumba Kerina vandag in die parlementstuine

Die roudiens vir wyle professor Mburumba Kerina word vandag in die parlementstuine in die hoofstad gehou. Hy sal môre in die helde- en- heldinne begraafplaas op Okahandja ter ruste gelê word.Kerina is op 14 Junie aan Covid-19 oorlede. Hy was 89. Die nuus kom te midde van kritiek teen die regering dat staatsbegrafnisse nie die Covid-maatreëls nakom nie. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het weer beklemtoon dat net 10 roubeklaers begrafnisse mag bywoon en dat kos net op ‘n wegneembasis voorsien mag word.