Imran Khan lek glo staatsgeheime uit

’n Hof in Pakistan het die voormalige eerste minister, Imran Khan, daarvan aangekla dat hy staatsgeheime laat uitlek het. Die aanklag dra net by tot die regsprobleme wat hy sedert sy verwydering verlede jaar ondervind. ’n Woordvoerder van Khan se Pakistan Tehreek-e Insaf-party sê die beslissing sal betwis word. Die voormalige krieketster en latere politikus het ’n groot aanhang op voetsoolvlak. Hy is in April 2022 met ’n mosie van wantroue in die parlement ontsetel, na beskuldigings van ekonomiese wanbestuur. Khan het Pakistan van Augustus 2018 af gelei.