Delhra bevraagteken praktyk van trofeejag van ‘probleem leeus’

Desert Lion Human Relations Aid, of te wel Delhra, het sy kommer uitgespreek oor vermoedelik twee nuwe leeu-mannetjies wat in die Ehirovipuka-bewaringsgebied uitgesit is vir jagtrofeë. Blykbaar is die probleem-dier-beleid weer gebruik, nes met die onlangse jag van ‘n agt-jarige mannetjie verder noordwes. Die benutting van die beleid is kommerwekkend, soos Izak Smit van Delhra verduidelik.

Hy sê hulle bevraagteken die volhoubaarheid van die beleid en bevraagteken op beleid wetgewing kan oorskry.