Bibi en Joe stem in vir ononderbroke hulp aan Gaza

Die Withuis sê Amerika se president Joe Biden en die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het tydens ʼn foonoproep saamgestem hulp sal ononderbroke na Gaza gestuur word. Die Verenigde Nasies sê nog hulp het gister met 14 vragmotors deur die Rafah-grenskruising met Egipte in Gaza aangekom. Meer as 2 miljoen mense in Gaza is weens die huidige vyandighede afgesny van water, kos, medisyne en brandstof. Die VN waarsku die hoeveelheid hulp wat Gaza binnegaan, is net ʼn breukdeel van wat nodig is.