Triljoene nodig vir Afrika se klimaatsaanpassing

Beleggers uit Afrika span kragte saam om die fondse te kry wat nodig is vir klimaatsaanpassings-projekte. Volgens die Climate Policy Initiative, mik Afrikalande daarna om 51 triljoen Namibiese dollar teen 2030 in te samel om aan hulle klimaatsoptrede-doelwitte te voldoen. Die navorsingsliggaam sê Afrikalande staar ‘n uitdaging in die gesig met befondsing van groen inisiatiewe met geld wat beperk bly. In reaksie, werk die Afrika-ontwikkelingsbank saam met Afrikabanke deur sy African Green Bank-inisiatief om projekte te finansier wat gemik is op die beperking van die uitwerking van klimaatsverandering.