Groep Chinese vang vis, om lewendig te vervoer, by Oanob

Onwettige visvang in Namibië is ‘n groeiende kommer in die noordelike gebiede, by die Von Bach-dam en in die Kavango-streek langs die rivier. Gevalle van onwettige visvang is ook onlangs deur Christie Benade, besturende direkteur van die oord by die Oanobdam, wat 100 kilometer suid van Windhoek geleë is, by die visserye-ministerie aangemeld. Benade sê ‘n groep Chinese het Sondagoggend by die dam opgedaag met visvangpermitte en toerusting om vis te vang en lewendig te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Benade gepraat, wat sy kommer deel en sê dat hierdie visvang net erger word.