Israel verskerp lugaanvalle op Gaza

Israel se weermag het gewaarsku dat hy sy lugaanvalle op Gaza verskerp. Die weermag het ʼn moskee in die stad Jenin aan die Wesoewer gebombardeer en drie mense is in die lugaanval dood. Palestynse media berig Israelse vegvliegtuie het vroeg vanoggend bomme naby drie hospitale in die Gazastrook laat val. Geen sterftes is aangemeld nie. Die woordvoerder van Israel se verdedigingsmagte, Jonathan Conricus, sê hulle wil Hamas heeltemal vernietig: