Afgeskiete missiele dalk op Israel gerig

Die bemanning van ‘n Amerikaanse geleide missiel-afweerder meen die missiele en hommeltuie wat hulle in die Noordelike Rooisee onderskep het, was moontlik op Israeliese teikens gerig. Die USS Carney het die wapens onderskep wat vanaf Jemen gelanseer is. Die Pentagon sê drie land-aanval kruismissiele en verskeie hommeltuie is afgeskiet. Volgens ‘n woordvoerder, Patrick Ryder, sal hulle al die nodige stappe doen om die Amerikaanse en koalisiemagte teen enige bedreiging te verdedig. BBC News berig dié optrede is moontlik die Amerikaanse Weermag se eerste verdedigingsdaad vir Israel in die konflik.