Reaksie op gru-saak oor beweerde poging tot moord vir versekeringsgeld

Die 51-jarige George Kashava was hierdie week in die hof nadat hy na bewering sy 29-jarige seun wou laat vermoor om sy lewensdekking van 2 miljoen Namibiese dollar te eis. Hy het glo mense betaal om die moord te pleeg, maar hulle het die polisie ingelig en Kashava is gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Pastoor Willem Van Wyk van Siele vir Jesus bediening Namibië oor die gru-saak gesels.