Kosmos 94.1 Nuus wen by Redakteursforum-toekennings

Die Redakteursforum van Namibië het sy jaarlikse Joernalistiek-toekennings gehou. Die toekennings bring erkenning aan die individuele joernaliste wat uitsonderlike stukke gedurende die jaar geskryf het. President Hage Geingob was die eregas. Yanna Smith van Kosmos 94.1 Nuus se ondersoekende artikel oor die impak van die olie-vonds, het die Politics and Public Governance-kategorie gewen. Dit is die eerste keer wat Kosmos 94.1 Nuus inskryf en ook die eerste oorwinning. Dit spreek boekdele oor radio as ‘n nuusmedium soos die stigter en aandeelhouer van Kosmos 94.1, en veteraan uitsaaier Kolie van Coller verduidelik.