Amupanda druk oor aantygings van skuld aan meester

Kadhila Amoomo, regsman van die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda, het ‘n brief aan Namfisa geskryf in verband met die nagenoeg 100 miljoen Namibiese dollar wat blykbaar deur verskeringsmaatskappye en pensioenfondse aan die meester van die hoërhof geskuld word. Amupanda het vroeër die maand die aantyging gemaak en Namfisa daarvan beskuldig dat hy nie die wet, wat geldig was tot 28 Desember 2022, nagekom het nie. Amupanda het Woensdag, 18 Oktober as sperdatum gestel vir nakoming. Amoomo het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.