Netanyahu en sy kabinet se ongewildheid groei

Israeliese regeringsamptenare is nie vreeslik gewild in die land nie. By die hospitaal waar ministers gepoog met om ondersteuning aan slagoffers se families te toon, is een kabinetsminister toegang tot ‘n hospitaal belet terwyl ‘n ander se lyfwagte met koffie gegooi is. Nog een is uitgejou en verraaier en imbesiel genoem. Kenners meen ‘n oordeelsdag is op pad vir premier Benjamin Netanyahu en sy regering na die aanval op 7 Oktober waarin talle beseer is en 1 300 dood is. Ontleders meen dit herinner aan Golda Meir se regering in 1973 na die aanval deur Egipte en Sirië. Sy moes bedank.