Onpartydige bespreking oor veediefstal in Nasionale Vergadering

Die PDM-parlementslid Vipuakuje Muharukua het in die Nasionale Vergadering ‘n mosie voorgestel om die groot uitdaging van veediefstal die hoof te bied. Hy het ook gevra dat ‘n staande komitee aangestel word om die plaag verder te ondersoek, want volgens hom is die bestaande wette teen veediefstal ontoereikend en hy lê die misdaad voor onwettige immigrante se deur. Arbeidsminister Utoni Nujoma het die ‘progressiewe mosie’ geprys en sê om veediefstal te bekamp moet almal met die polisie saamstaan.