Foster sê hulle onderskat nie die Argentiniërs nie

Nieu-Seeland se hoofafrigter, Ian Foster, sê hulle onderskat nie Argentinië in aanloop tot hulle Wêreldbeker-kragmeting in die halfeindronde wat môre in Parys plaasvind nie. Die All Blacks is die gunstelinge om deur te dring na die eindstryd waar hulle óf teen Suid-Afrika óf teen Engeland sal uitdraf. Die vleuel Mark Telea is terug in die span nadat hy die kwarteindronde misgeloop het omdat hy die span se protokol verbreek het. Sam Whitelock sal instaan vir Brodie Retallick. Foster sê hulle gaan alles moet uithaal teen ʼn baie sterk Argentynse span: