Jhb-ombud se besluite moet afgedwing word

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland moedig die Stad Johannesburg aan om ‘n konsepverordening te ondersteun om die gesag van die stad se ombudskantoor om besluite af te dwing, te versterk. Die organisasie het gedurende die openbare tydperk vir gesprekvoering kommentaar gelewer oor die nuwe verordeninge van die ombudskantoor, wat die bestaande een wat in 2014 gevestig is, vervang. ʼn Woordvoerder van Outa, Asavela Kakaza, sê die kantoor moet oor die mag beskik om ernstige gevolge vir nie-nakoming af te dwing. Kakaza beveel verhoogde strawwe aan vir oortredings van die verordening: