Egpaar ongedeerd na Swakop huisbraak

Meer inligting is bekom oor ‘n huisbraak in die vroeë oggendure waarin ‘n bejaarde egpaar van Duitsland geteiken was in Kramersdorp, Swakopmund. Volgens die polisie het vier mans, wat swart klere, handskoene en balaklavas gedra het, met ‘n selfgemaakte leer by ‘n kantoorvenster op die tweede verdieping ingebreek. Hulle het die slagoffers vir geld en die kluis se sleutel gevra. Hulle het ‘n pistool uit ‘n bedkassielaai gesteel. Daar was net gewere in die kluis, maar die boewe het glo gesê hulle soek geld, en het die sleutel teruggegee. Hulle het toe ‘n skootrekenaar, selfone, juweliersware, horlosies en kontant van tussen 1 000 en 15 000 Namibiese dollar gevat en die huis verlaat, waarna hulle na bewering deur ‘n wegkom-motor by Vierkantklip opgetel is. Die egpaar is ongedeerd en die totale waarde van die gesteelde items moet nog bepaal word.