Veelvuldige plantseisoen bring voedselsekerheid
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, sê landbou is aan die voorpunt van die provinsiale regering se strategie. Sy voeg by die bekendstelling van ‘n veelvuldige-plantseisoen-program sal die lewens van mense verander, veral die jeug en mense in landelike gemeenskappe. Dube-Ncube het die program onthul in Impendle, in die Umgungundlovu-distrik. Die premier sê voedselsekerheid is ‘n nasionale uitdaging, en daar is verskeie huishoudings in die armste landelike gebiede wat daarmee worstel.