ANC bekommerd oor Israel-Palestina konflik

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het sy kommer uitgespreek oor die groeiende konflik tussen Israel en Palestina. Die komitee versoek die Internasionale Strafhof om sy optrede te bespoedig. Hulle het meegevoel oorgedra aan diegene aan albei kante wat geraak is en bepleit die onmiddellike staking van vyandelikhede en ‘n hervatting van onderhandelinge volgens die twee-staat-oplossing. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die media oor die uitslag van die vergadering ingelig en hom sterk uitgespreek oor die geweld wat onskuldige mense teiken.