China sterk ekonomies aan, vraag na olie sal styg

China se ekonomie het in die derde kwartaal vinniger gegroei as wat verwag is, terwyl verbruik en nywerheidsaktiwiteit in September ook opwaarts geneig het, wat daarop dui dat die onlangse vlaag van beleidsmaatreëls help om ‘n voorlopige herstel te versterk. Met herstel in China sal vraag na olie toeneem wat na verwagting weer die prys van die kommoditeit sal opstoot, al voer hy van Rusland af in. Die land se BBP het in Julie-September met 4,9 persent gegroei vergeleke met die jaar tevore.