WGO het diep kommer oor Gaza-aanval

Die Wêreldgesondheidorganisasie sê hy veroordeel die aanval op die Al Ahli-hospitaal in Gaza ten sterkste. Honderde mense is vermoedelik dood na ʼn ontploffing by die hospitaal. Hamas pak die skuld op die Israelse weermag terwyl Israel die gewapende Palestynse groep Islamic Jihad blameer. Ten tye van die ontploffing, was die hospitaal in werking, met pasiënte, personeel en ontwortelde mense wat daar skuiling gesoek het. Mike Ryan van die WGO sê hulle doen ʼn beroep dat burgerlikes en gesondheidsorg onmiddellik aktief beveilig word: