KZN op gereeheidsgrondslag vir nog swaar reën

Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê rampbestuurspanne bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag aangesien nog reën vandag in die noordelike dele van die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak ses-waarskuwing vir spesifieke distrikte uitgereik oor moontlike oorstromings en diensonderbrekings. Munisipaliteite het voorsorgmaatreëls getref, insluitend ontruimingsplanne. Die woordvoerder van die departement, Siboniso Mngadi, doen ‘n beroep op inwoners om nie vol riviere oor te steek nie en om te hou by munisipale inligting oor padsluitings: