Amper R50 miljoen se ambulanse staan ongebruik
Die DA in Ekurhuleni sê hy het verneem dat ambulanse ter waarde van 47 miljoen Suid-Afrikaanse rand stof opgaar terwyl inwoners moet ly onder lang reaksietye en mislukkings in gesondheidsorg. Die betrokke ambulanse was veronderstel om ná die provinsialisering van die diens deur die ANC-regering in 2020 aan die Gautengse regering oorgedra te word. Stefanie Ueckermann van die DA sê hoewel die ambulanse op papier oorgedra is, is dit al wat gebeur het.