EFF sê Mkhwebane sal waarde aan party voeg
Die EFF sê hy loof die afgedankte Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, omdat sy by die party aangesluit het as teken dat sy gekant is teen korrupsie, staatskaping en die verwatering van die Grondwet. Mkhwebane is skaars ʼn maand gelede uit haar pos verwyder en sê sy het by die EFF aangesluit om voort te veg vir mense wat op die kantlyn uitgeskuif is en om die regering aanspreeklik te hou. Die party sê Mkhwebane was die afgelope sewe jaar ʼn doring in die vlees van die gevestigde orde en diegene wat hulle mag teen die kwesbares in die land gebruik.