Zuma bring dringende aansoek teen skuldigbevinding

Die regspan van die voormalige president Jacob Zuma, gelei deur advokaat Dali Mpofu, gaan ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg indien om die beslissing van die Konstitusionele Hof te herroep wat hom aan minagting van die hof skuldig bevind het. Hy is tronkstraf van 15 maande opgelê. Mpofu het ook aan die staat aangedui die voormalige president gaan verder vra vir uitstel van die bevel om aan te meld vir sy tronkstraf. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader hierdie naweek om onder meer die hofuitspraak te bespreek.