Rafah-grenspos by Egipte is oop

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die Rafah-grenspos tussen Egipte en die Gaza-strook word vandag heropen, maar dis onseker hoe lank mense toegelaat sal word om dié suidelike grens oor te steek. Vir die meeste van die 2,3-miljoen Palestyne in die Gaza-strook is die Rafah-grenspos die enigste moontlike uitgang. Blinken sê die kruising sal heropen word om hulpverlening en sommige mense met buitelandse paspoorte deur te laat. Hy sê hy verwag die situasie by die Rafah-grenspos sal steeds onbestendig en onvoorspelbaar bly.