Kinderadvokaat reageer op selfmoord van seun, 12

Die Namibiese kinderadvokaat het haar skok uitgespreek oor die selfmoord van ‘n 12-jarige seun oor die naweek naby Eenhana in die noorde. Volgens die Namibiese polisie het ‘n 12-jarige seun homself gehang na sy pa hom berispe oor sy WhatsApp-toepassing op sy selfoon. Hy het die kind blameer dat hy die toep van sy selfoon uitgevee het en hy het homself daarna gehang. Heather Harker het haar reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.