Nanso het verskeie bystandsplanne vir leerders met komende eksamen

Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie werk daaraan om ‘n oproepsentrum bekend te stel waar studente hulle kan kontak indien hulle probleme ondervind. Nanso sal dan die studente of ander belanghebbendes in die onderwyssektor so gou moontlik kan bystaan. Met die eksamens wat op hande is, poog hulle ook om eksamenpakkies beskikbaar te maak as hulp vir leerders, studente en vakleerlinge om voor te berei. Dorothea Nangolo, Nanso se sekretaris vir inligting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hul planne.