Israel gee noordelike Gaza tot 17:00 om te ontruim
Owerhede in Israel het hulle beroep op inwoners in die noordelike dele van Gaza om die gebied te verlaat hernu. Volgens internasionale nuusagentskappe het die inwoners tussen 11-uur en vyf-uur vanmiddag, Namibiese tyd, om die gebied te verlaat. Die weermag sê twee roetes sal in die tyd alleen gelaat word en sal nie gebom word nie om ‘n korridor te skep vir burgerlikes om te ontruim. Kenners meen dit is moontlik ‘n aanduiding dat Israel sy grondoffensief wil begin. Daar is meer as 360 000 soldate opgeroep. Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres het ‘n beroep op Israel gedoen om nie die ontruiming af te dwing nie omdat meer as ‘n miljoen mense verskuif sal word na net so oorbevolkte gebied in die suide, wat ook aangeval word.