Toelaes gaan aan munisipaliteite wat dit gebruik – Enoch

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, sê die besluit om die betaling van voorwaardelike toelaes aan munisipaliteite wat onderbestee te staak, is beskerming teen moontlike misbruik van die fondse. Nasionale Tesourie het voorwaardelike toelaes aan munisipaliteite wat in die vorige boekjaar te min bestee het met 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand gesny. Altesaam 171 munisipaliteite is as moontlike probleme uitgewys. eThekwini in KwaZulu-Natal het 200 miljoen rand teruggegee terwyl nege munisipaliteite in Noordwes saam 340 miljoen rand teruggegee het. Godongwana sê die 2,7 miljard rand is hertoegewys aan programme by munisipaliteite wat goed presteer.