Poging om GMO’s uit Kenia te hou, misluk

‘n Keniaanse hof het ‘n saak van die hand gewys wat die invoer en verbouing van geneties aangepaste gewasse wou verhoed, en sê die regering het toepaslike maatreëls getref om dit te reguleer. In Oktober verlede jaar het Kenia ‘n tien-jaar-verbod op die tipe gewasse opgehef in reaksie op die Oos-Afrikaanse streek se ergste droogte in 40 jaar. Owerhede het gehoop dat dit die opbrengs van mielies sou verbeter, asook voedselsekerheid sou versterk.