Geen, maar geen humanitêre hulp aan Gaza, sê IsraelOctober 12, 2023
Die Israelse regering is beslis dat hy geen noodsaaklike hulpbronne of humanitêre hulp aan die Gaza-strook gaan toelaat voor Hamas nie sy burgers wat gevange geneem is, vrylaat nie. Die minister van Energie, Israel Katz, sê geen elektriese skakelaar sal aangeskakel word nie, geen waterkraan sal oopgemaak word nie en geen brandstofvragmotor sal binnegaan voor die gyselaars tuis is nie. Aljazeera berig die Rooikruis se streeksdirekteur, Fabrizio Carboni, sê die menslike ellende wat deur die vyandelikhede veroorsaak is, is afgryslik. Hy het ‘n beroep op albei kante gedoen om die lyding van burgerlikes te verminder.