Jones kan Wallabies verlaat as omgewing nie gunstig is nie

Die Wallabies se hulpafrigter, Pierre-Henry Broncan, meen die hoofafrigter, Eddie Jones, kan dalk die Australiese groep verlaat as hy reken die omgewing is nie gunstig vir sukses nie. Jones se kontrak verstryk eers in 2027 ná die Wêreldbeker wat dan in Australië aangebied word. Gerugte doen egter die rondte dat die 63-jarige Jones gereed is om terug te keer as afrigter van Japan se nasionale span. Broncan sê, indien Jones reken Rugby Australië het werklik ʼn begeerte om ʼn omgewing te skep wat goeie prestasie bevorder, sal hy dit dálk oorweeg om aan te bly.