Von der Leyen in warm water oor haar aanmerkings oor Oekraïne
Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede, Francesca Albanese, sê sy sien uit na dieselfde verklaring deur die president van die Europese Kommissie oor die aanvalle op Gaza deur Israel se weermag. Ursula von der Leyen het op 19 Oktober 2022, die Russiese aanvalle op die Oekraïne, wat krag en water afgesny het, so beskryf.
Albanese sê indien nie, kan mense moontlik dink dat Europese instansies nie die beskerming van Palestynse kinders so hoog ag soos die van Oekraïnse kinders nie.