Kwessie van sanitêre doekies sorg weer vir chaos in parlement
Pandemonium het in die Nasionale Vergadering losgebars ná ‘n hewige woordewisseling tussen onderwysminister Anna Nghipondoka en adjunkminister Faustina Caley, teen Elma Dienda, parlementslid van die Populêre Demokratiese Beweging. Nghipondoka sê parlementslede moet hande vat om die probleem van ‘n gebrek aan sanitêre doekies vir behoeftige meisies in die land aan te pak. Dienda het geantwoord dat dit hartseer is dat die vroue in die Nasionale Vergadering opgestaan het teen die wetsontwerp van private lede hieroor wat McHenry Venaani, PDM-leier, voorgelê het.