Proteas berei voor vir Aussie-wedstryd môre

Die Proteas berei voor om Australië môre in Lucknow, Indië,  in hulle tweede Wêreldbekerwedstryd te pak. Suid-Afrika het die toernooi goed afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning oor Sri Lanka toe hy die hoogste totaal ooit in ‘n Wêreldbekertoernooi aangeteken het. Aiden Markram het ook die vinnigste Wêreldbeker-honderdtal gemoker. Die Proteas het die Aussies in hulle onlangse eendagreeks verslaan, en kolf-afrigter JP Duminy verwag die teenstanders gaan met mening probeer terugslaan: