Wie kan 25% van ‘n handelsbank bekostig?
Reaksie word ontvang op adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Ebson Uanguta, wat sê Namibië maak beduidende vordering om plaaslike eienaarskap van banke te bevorder. Die bank het ‘n wetlike raamwerk opgestel wat ‘n minimum drempelbelang van 25% in alle kommersiële banke vir plaaslike inwoners voorbehou, en volgens Uanguta oorskry sommige kommersiële banke dit reeds. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, gepraat oor wie in Namibië genoeg sal hê om ‘n 25%-belang in ‘n handelsbank te besit.