Duitse kiesers kap Scholz se koalisie

Duitsers het in twee belangrike kiesafdelings in Beiere en Hesse kanselier Olaf Scholz se wankelrige koalisie ʼn slag toegedien, met ekonomiese probleme en vrese oor migrasie wat die opposisie-konserwatiewes en verregses ʼn voorsprong gegee het. Daar word berig die verregse Alternatief vir Duitsland-party het sy beste uitslag ooit in ʼn westelike staat in Hesse behaal en tweede in albei state geëindig. Al drie partye in Scholz se federale koalisie – sy Sosiaal-Demokrate, die Groenes en die sake-gerigte Vrye Demokrate – het swakker gevaar as vyf jaar gelede.