Boulter en Esau se sake vandag in die hoërhof
Die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien kom weer vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Die saak kom voor vir saakbestuur. Intussen duur die Fishrot-beskuldigde en oud-minister Bernhardt Esau se borgaansoek voor regter David Munsu vandag voort.